‘Patat Koek’ Resep

Vandag vier ons Internationale Koekdag! En hoe kan ons iets vier sonder een van die heerlikste koeke op die planeet – die Patat Koek! 😍 Vier hierdie heerlike dag saam met ons en probeer ons resep by die huis.

Porsies: 1 Koek

Bak Tyd: 40 min   

Oond Temperatuur: 180°C

Benodighede:

  • Menger
  • Rasper
  • 2 koek panne gespuit

 

Bestandele:

  • 2 Koppies Rou Patat
  • 3 Eiers
  • 1 Koppie Bruin Suiker
  • 1 Koppie Sonneblom olie
  • 5 Koppies Koekmeel
  • 5ml Sout
  • 5ml Koeksoda
  • 5ml Nuutmeskaat
  • 5ml Bakpoeier
  • ½ Koppie Walnuts of Pekaneute
  • 5ml Vanilje geursel
  • ½ Koppie Fyn Pynappel

Versiersel:

  • 125g Botter
  • 175g Roomkaas
  • 500g Versiersuiker
  • 5ml Suurlemoen sap
  • 5ml Vanilje Geursel

Metode:

  1. Rasper jou rou patat fyn.
  2. Meng jou eiers, bruin suiker en sonneblom olie saam tot stroperig.
  3. Sif jou koekmeel, sout, koeksoda, nuutmeskaat en bakpoeier saam, voeg by eier mengsel en meng dit goed.
  4. Kap jou walnuts of pekaneute fyn en voeg by koek beslag.
  5. Voeg dan jou vanilje geursel en fyn pynappel by koek beslag.
  6. Verdeel beslag in 2 koekpanne.
  7. Bak tot toetspen skoon uitkom +-40 mi4 en laat afkoel.

Versiersel:

  1. Maak seker dat jou botter en roomkaas kamertemperatuur is.
  2. Sif jou versiersuiker, suurlemoen sap en vanilje geursel.
  3. Meng als goed saam met jou elektriese menger.
  4. Versier jou koek.

En daar het jy dit! Gesels gerus met ons op sosiale media om ons te laat weet hoe jou koek uitgekom het🍰

By | 2019-11-26T09:27:39+00:00 26 Nov|Uncategorized|0 Comments

About the Author: